Leeuwenhof Akademie, Gauteng – Leeuwenhof Stoeiklub is baie trots op Devan van Tonder. Hy gaan Suid-Afrika by vanjaar se gesogte Commonwealth Championships verteenwoordig.
Hierdie prestasie beteken dat Devan sy Internasionale Kadette-kleure in stoei gaan ontvang en sy heel eerste internasionale toernooi betree – ’n mylpaal wat sy toewyding en talent bekroon.
Devan is gekies om te kompeteer in die volgende kategorieë:
- o.17 65kg Vrystyl
- o.17 65kg Grieks-Romeins
Die klub en skoolgemeenskap wens vir Devan alle sterkte toe en glo dat hy die Leeuwenhof Stoeiklub se naam met trots en waardigheid op die wêreldverhoog sal uitdra.
Foto verskaf






