COSASSA-Atletiek-kampioenskappe. Hoërskool Jan van Riebeeck vier met groot trots die merkwaardige prestasie van Erica Marais. Sy het tydens die COSASSA Atletiekkampioenskappe, in Zimbabwe ’n silwer medalje in gewigstoot o.18-meisiesafdeling verower.
Hierdie internasionale toernooi bring van die beste jong atlete van die streek byeen. Erica se uitmuntende vertoning bevestig haar plek onder die voorste gewigstoot-atlete van Suidelike Afrika.
Die skoolgemeenskap spreek ook waardering uit teenoor haar afrigter, Janke Oosthuizen, wie se toewyding en kundigheid ’n sleutelrol in hierdie sukses gespeel het.
Met hierdie prestasie het Erica nie net haar skool en afrigter met trots vervul nie, maar ook Suid-Afrika se naam hoog gehou op die internasionale sporttoneel.
“Baie geluk, Erica en Janke – Jan van Riebeeck bars van trots!“
Foto voorsien






