Hoërskool Upington is trots om aan te kondig dat Lienke Loots (gr 9) as die nasionale wenner gekroon is in die Con Spirito-redenaarskompetisie (Afrikaans Voorbereid, Voorgeskrewe Tema).

Woorde met Krag

Lienke het nie net haar toespraak voorberei nie – sy het dit laat lééf. Met passie, selfvertroue en ’n stem wat mense laat luister, het sy die beoordelaars en gehoor diep geraak.

’n Uppie op die Podium

Van die verhoog tot bo-op die podium het Lienke presies gewys waartoe ’n Uppie in staat is. Haar oorwinning bevestig Hoërskool Upington se tradisie van uitnemendheid en die krag van jong stemme wat met oortuiging praat.

https://www.uppies.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article