Helpmekaar Kollege, Johannesburg – Op Saterdag 5 September het Helpmekaar Kollege se landlopers ’n merkwaardige hoofstuk in die skool se sportgeskiedenis geskryf. Tydens Atletiek Suid-Afrika (ASA) se Nasionale Landloopkampioenskappe by Curro Hazeldean het die span ’n verstommende vyftien medaljes ingepalm – ’n prestasie wat die Helpie-gees van toewyding, geloof, spanwerk en durf perfek weerspieël.

Individuele medaljewenners

  • Chemené Mentz – Silwer, o.20-vroue 2 km
  • Suné-Louise Prinsloo – Brons, o.16-dogters 4 km
  • Hailey Evans – Brons, o.14-dogters 4 km
  • D’Niel Grobler (Helpie Landloopklub) – Brons, o.11-seuns

Spanmedaljewenners (CGA-span)

  • Megan Roome – 6de, junior vroue 6 km
  • Suné-Louise Prinsloo – o.16-dogters 4 km
  • Ethan Botha – 15de, o.16-seuns 6 km
  • Hailey Evans – o.14-dogters 4 km
  • Logan Scholtz – 9de, o.14-seuns 4 km
  • Milan Botha – 14de, o.15-dogters 4 km
  • Ruben Kleinsmith – 12de, o.15-seuns 4 km
  • Adriaan Coetzee – 15de, o.15-seuns 4 km
  • Chemené Mentz – o.20-vroue 2 km
  • Mbali Kamele – 6de, o.18-dogters 2 km
  • Jodene Shawe – 16de, o.18-dogters 4 km

’n Helpie-mylpaal

Hierdie prestasie is nie net ’n oorwinning op die baan nie, maar ’n bewys van die skool se sterk sportkultuur en die onwrikbare gees van sy atlete. Helpmekaar Kollege is trots om sy landlopers se naam in die Suid-Afrikaanse rekordboeke te sien.

https://www.helpmekaar.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article