Die Mpumalanga Departement van Onderwys het op 18 en 19 Julie die Mpumalanga Premier’s Cup 2026 aangebied. Hoërskool Nelspruit se o.16-netbalspan het die toernooi oorheers en is as wenners van die Mpumalanga Premier’s Cup 2026 gekroon. As kampioene ontvang die skool ’n splinternuwe Quantum – ’n beloning vir hul uitmuntende prestasie.
Die Departement van Onderwys het Hoërskool Nelspruit se o.16-netbalspan op hul Facebook-blad gelukgewens nadat hulle as Botho-netbalkampioene aangewys is. Volgens die departement het die span deur die toernooi uitsonderlike vaardighede, deursettingsvermoë en spanwerk getoon. Hulle het die ware spangees weerspieël en ’n nuwe maatstaf vir uitnemendheid in netbal gestel.

Foto’s verskaf






You must be logged in to post a comment.