Goue Leeus Grant Khomo. Hoërskool Dr. E.G. Jansen het rede tot groot trots met die uitstaande prestasies van hul eie meisie-rugbyspeler, Khezhia-Raylee Loots.
Khezhia-Raylee het vanjaar die skool se naam hoog gehou. Sy is gekies as lid van die Goue Leeus Grant Khomo o.16-span. Hierdie span het aan die Nasionale Meisiesrugbyweek by Kearsney College deelgeneem. Sy het boonop ook Gauteng met trots verteenwoordig as speler in die o.15-meisiesrugbyspan.
Met hierdie dubbele prestasie bevestig Loots haar plek as ’n belowende jong talent in die Suid-Afrikaanse meisiesrugby. Die skoolgemeenskap spreek hul waardering en bewondering uit vir haar harde werk en toewyding, en wens haar alle sukses toe met die pad vorentoe in haar rugbyloopbaan.






