Boerperd-Nasionale Kampioenskappe - Voortrekker-leerders blink uit
Reane Campher (Foto verskaf)

Boerperd-Nasionale Kampioenskappe – Voortrekker-leerders blink uit


Reané Campher, ’n graad 10-leerder en lid van die Crystal Anvil-stalle onder afrigting van Glenda Koen, het die hoogste eer behaal. Sy is as Suid-Afrikaanse Grootkampioen en Kampioen van Kampioene in die vyfgang-klas o.19 gekroon.

Miah Grobbelaar, graad 8, het eweneens uitgestaan met ’n eerste plek in die 3-gang Ryperd Ruiters o.15-klas. Sy is bekroon met die gesogte Michiel Burger-wisseltrofee.

“Na ek my arm in April gebreek het, was dit baie harde werk om voor te berei, maar met die uitstekende afrigting van Crystal Anvil was dit moontlik,” het sy gesê.

Boerperd-Nasionale Kampioenskappe - Voortrekker-leerders blink uit.
Miah Grobbelaar (Foto verskaf)

Hierdie prestasies beklemtoon nie net die talent van die jong ruiters nie, maar ook die toewyding en ondersteuning van hul afrigters en stalle.

https://voortrekker.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article