Wêreldreeks vir Binnenshuise Krieket - Johann Roets van Nellies blink uit
Johann Roets

Wêreldreeks vir Binnenshuise Krieket – Johann Roets van Nellies blink uit


NELSPRUIT – Wêreldreeks vir Binnenshuise Krieket. Hoërskool Nelspruit se jong kriekettalent, Johann Roets, het onlangs sy stempel op die internasionale verhoog afgedruk. Hy het Suid-Afrika by die Junior Wêreldreeks vir Binnenshuise Krieket verteenwoordig het.

Johann, ‘n Gr. 9-leerder, was deel van die Suid-Afrikaanse A-span wat aan die prestigeryke toernooi deelgeneem het. Agt internasionale spanne het oor sewe dae teen mekaar meegeding. Die kompetisie het spelers die geleentheid gebied om hul vaardighede teen van die wêreld se beste jong binnenshuise krieketspelers te toets.

Wêreldreeks vir Binnenshuise Krieket - Johann Roets van Nellies blink uit
Suid-Afrikaanse A-span vir Wêreldreeks Binnenshuise Krieket

Johann het deurgaans met die kolf én bal beïndruk. Ná afloop van die poelfase het hy die meeste lopies van al die deelnemers aangeteken. Hy was ook onder die voorste paaltjienemers van die toernooi. Sy veelsydige bydrae het ‘n belangrike rol in die span se sukses gespeel.

Suid-Afrika A het deurgedring na die uitspeelwedstryde, waar hulle teen die uiteindelike kampioen, Nieu-Seeland, te staan gekom het. Hoewel die Suid-Afrikaners dié wedstryd verloor het, het hulle sterk teruggeveg en die bronsmedalje verower.

Johann se prestasie getuig van harde werk, deursettingsvermoë en uitsonderlike talent. Sy vertoning op internasionale vlak is nie net ‘n groot eer vir Hoërskool Nelspruit nie, maar ook vir Suid-Afrikaanse binnenshuise krieket.

Die skoolgemeenskap is besonder trots op Johann se prestasies en wens hom alle sterkte toe met sy toekomstige krieketloopbaan. Hy dien as inspirasie vir jong sportlui en bewys dat toewyding en passie groot deure kan oopmaak.

https://nelliesh.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article