BLOEMFONTEIN – Krieket. Hoërskool Fichardtpark se tweede krieketspan het ‘n indrukwekkende krieket oorwinning van agt paaltjies oor HTS Louis Botha se eerstespan behaal.
Die Fichies het hul opponente vir net 66 lopies uitgeboul. Die taak is binne 11,4 boulbeurte afgehandel. Justin Genade was die beste bouler met drie paaltjies vir 14 lopies. Clive du Plessis het ook waardevol bygedra met een paaltjie vir vyf lopies.
Fichardtpark se krieketkolwers het daarna geen tyd gemors nie. Die span het die wenlopies binne slegs 6,5 boulbeurte aangeteken. Hulle het op 70/2 geëindig om ‘n oortuigende sege te verseker.

Met die kolf het Clive du Plesis uitstekend gevaar. Hy het 24 lopies van net 11 balle aangeteken. Zandré Thompson was onoorwonne op 22 van 19 balle. Dillon Louw het ook sy bydrae gelewer met 13 onoorwonne lopies van 11 aflewerings.
Die oorwinning beklemtoon die diepte van talent binne Fichardtpark se krieketgeledere. Om ‘n eerstespan van ‘n mededingende skool te klop, is ‘n besondere prestasie. Die tweede span kan met trots terugkyk op ‘n wedstryd waarin hulle met bal én kolf uitgeblink het.
Baie geluk aan die Fichies se tweede span met hierdie uitstekende vertoning en welverdiende oorwinning.
Foto verskaf






You must be logged in to post a comment.