BLOEMFONTEIN – Schools SA20-reeks. Hoërskool Fichardtpark se eerste krieketspan het ’n indrukwekkende vertoning gelewer toe hulle Botshabelo met 158 lopies in die Schools SA20-reeks geklop het.
Fichardtpark het eerste gekolf en ’n sterk totaal van 236/6 in hul 20 boulbeurte aangeteken. Die span se kolfwerk is gelei deur Heinrich Kemp met 63 lopies van 46 balle. Neven Olivier het 53 van 32 balle bygedra, terwyl Diederik de Vos 38 van 26 balle aangeteken het.

Met die bal het Fichardtpark voortgebou op hul uitstekende begin. Botshabelo is vir slegs 78 lopies in 16,3 boulbeurte uitgehaal.
Neven Olivier was die beste bouler met sy uitstekende syfers van 3 paaltjies vir 10 lopies. Christiaan Myburg en Jayden Ontong het elk twee paaltjies geneem en groot druk op die opponente geplaas.
Dit was ’n ware spanpoging waarin die Fichies met beide kolf en bal uitgeblink het. Die oortuigende oorwinning beklemtoon die span se diepte en goeie vorm. Hoërskool Fichardtpark kan met reg trots wees op hierdie puik vertoning van hul krieketspan.
Foto verskaf





You must be logged in to post a comment.