Hoërskool Rustenburg-krieket vier met trots die merkwaardige prestasie van Wiehann van Aswegen. Hy het tydens die kragmeting teen Gimmies ’n uitstaande boulvertoning gelewer het.
Met sy 5 paaltjies vir slegs 35 lopies in 8 boulbeurte het Wiehann sy vaardigheid, fokus en toewyding ten toon gestel. Hierdie prestasie is ’n bewys van sy harde werk en talent. Dit dra ook by tot die ryk tradisie van sportuitnemendheid by Hoërskool Rustenburg.
Die skoolgemeenskap is ongelooflik trots op Wiehann. Hoërskool Rustenburg-krieket sien uit na nog vele groot oomblikke op die krieketveld waarin hy sy karakter en sportgees verder sal bevestig.
Foto verskaf






