Die Mpumalanga hokkie-finale het Saterdag, 25 Julie, in Middelburg plaasgevind. Hoërskool Nelspruit se eerste seunspan is met ’n indrukwekkende 6-0-oorwinning teen Hoërskool Secunda as Mpumalanga-kampioene gekroon.
Ons is trots op al ons spanne wat puik presteer het en as Mpumalanga-naaswenners aangewys is:
- O.14A Dogters: 0-1 teen Middelburg Hoërskool
- O.14A Seuns: 0-1 teen Penryn College
- Eerste Dogterspan: 1-2 teen Hoërskool Ermelo
- O.16A Dogters: 1-2 teen Hoërskool Ligbron
- O.16A Seuns: 1-2 teen Middelburg Hoërskool
- Eerste Seunspan: wen 6-0 teen Hoërskool Secunda
Mnr. Anthony Ruschenbaum, hoof van hokkie, het na afloop van die toernooi gesê: “Baie geluk aan almal! Ek is ongelooflik trots op elke span, die groei deur die seisoen en die manier waarop julle Hoërskool Nelspruit se naam met trots hoog gehou het.”



Sterkte aan al die Nellies-spanne wat nou aan die Noordvaal-toernooi gaan deelneem.






You must be logged in to post a comment.