MPU Sport Toernooie - Hoërskool Ermelo presteer
Foto: Die o.16B-rugbyspan wat aangewys is as Mpumalanga-wenners

MPU Sport Toernooie – Hoërskool Ermelo presteer


MPU Sport Toernooie. Op Saterdag, 1 Junie, het die A-rugbyspanne van EHS by die MPU Sport Toernooie die Mpumalanga semifinaal gespeel te Hoërskool Rob Ferreira.

  • Die o.14A-span wen 27-25 teen Rob Ferreira
  • Die o.15A-span wen 19-18 teen Lydenburg
  • Die o.16A-span verloor 24-30 teen HTS Witbank
  • Die Eerste span wen teen Ferrum met 25-13.

Vir die B-spanne was dit die Mpumalanga-finale wat plaasgevind het en die spanne vaar as volg:

  • Die o.15B-span verloor 19-21 teen Rob Ferreira Die o.16B-span wen 24-22 teen HTS Witbank
  • Die derde span verloor 12-21 teen HTS Witbank

Die o.16B-span is aangewys as Mpumalanga-wenners en die o.15B- en derde span is beide Mpumalanga naaswenners.

Die Mpumalanga-finale vir die rugby vind op Saterdag, 8 Junie, te Hoërskool Ermelo plaas.

MPU Sport Toernooie: Dogters Hokkie

Hoërskool Ermelo se dogtershokkie A-spanne het Mpumalanga uitspele gehad en het uitstekend gevaar:

  • o.14A-span: wen onderskeidelik teen Secunda met 2-0 en teen HTS Middelburg met 3-0
  • o.15A-span: wen teen Standerton met 7-1, asook teen Nelspruit met 1-0
  • o.16A-span: wen onderskeidelik teen Ligbron met 5-0 en teen Secunda met 5-0

Erries se Eerste span wen teen HTS Middelburg met 4-0 en verloor teen Hoërskool Ligbron met 0-3.

Die dogtershokkie se tweede span speel hulle Mpumalanga-finaal.

  • Hulle wen teen Volksrust met 3-1 en verloor teen Hoërskool Middelburg met 1-3.
  • Die Erries se tweede span dogtershokkie word aangewys as naaswenners.

Die Mpumalanga kwart- en semifinale vir die dogtershokkie se A-spanne vind ook plaas op Saterdag, 8 Junie.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za

https://erries.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article