MPU Hokkie – Hoërskool Ermelo se hokkiespanne het uitstekend presteer tydens die MPU Hokkie kwart- en semifinale. Erries se A-hokkiespanne het op Saterdag, 8 Junie, hulle Mpumalanga kwart- en semifinale wedstryde gespeel

Die o.14A-EHS-hokkiespan wen albei hul wedstryde. In die kwartfinaal wen die Erries teen HTS Witbank met 6-0 en in die semifinaal wen EHS teen Ligbron met een doel teenoor nul.

EHS se o.15A-span het in die kwartfinaal te staan gekom teen Secunda en eindig met een doel vir elk. Met “8 seconds” verloor EHS egter met twee doele teenoor drie. Tydens die semifinaal wen die Erries teen Ligbron met 3-1.

Die o.16A-span wen HTS Witbank met 4-0 in die kwartfinaal en wen teen HTS Middelburg met 1-0 in die semifinaal.

Hoërskool Ermelo se Eerste hokkiespan verloor in die kwartfinaal teen Secunda met een doel teenoor twee, maar wen die semifinaal met 4-2 teen Lydenburg.

MPU Hokkie - Hoërskool Ermelo presteer
o.14A Hokkiespan
MPU Hokkie - Hoërskool Ermelo presteer
o/16A Hokkiespan
MPU Hokkie - Hoërskool Ermelo presteer
o/15A Hokkiespan

Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za

https://www.erries.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article