Die Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se dogters hokkiespanne het Saterdag, 16 Junie 2018, op onderskeie plekke deelgeneem aan hulle uitspeelwedstryde en goeie uitslae opgelewer.  Al die Liggie-spanne se eerste wedstryde het deel gevorm van die kwarteindrondte van Mpumalanga.  Die o/14’s het in die kwartfinaal met 1-3 verloor teen Hoërskool Middelburg, die o/15’s het in die kwartfinaal met 4-3 gewen teen HTS Witbank en in die semifinaal met 0-3 verloor teen Hoërskool Volksrust, die o/16’s het in die kwartfinaal met 2-1 gewen teen Hoërskool Volksrust en in die semifinaal met 0-1 verloor teen HTS Middelburg, terwyl die eerstespan in die kwartfinaal met 4-1 gewen het teen Hoërskool Secunda en in die semifinaal met 1-5 verloor het teen Hoërskool Ermelo.  Al vier Ligbron se spanne dring deur na die Noordvaal-uitspele wat na die skoolvakansie sal plaasvind.

Foto bo: Ané Duncan

Foto onder: Jélaine Austin

Jélaine Austin

 

 

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article