Die o/14, o/16 en eerste seunshokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het die afgelope naweek aan die tweede poelwedstryd uitspele deelgeneem wat in Nelspruit plaasgevind het.  Die o/14’s het by Curro Nelspruit  gespeel en hul eerste wedstryd van die dag oortuigend met 4-0 gewen teen Hoërskool Rob Ferreira.  Hulle het egter vasgeval in hulle wedstryd teen HTS Middelburg en het met 2-7 verloor.  Beide Ligbron en Hoërskool Genl Hertzog se o/14’s het 2de in hul poel geëindig en moes ‘n 8 sekonde “shoot out” speel om te bepaal wie sal deurdring na die Mpumalanga finale wat op Saterdag, 21 Julie 2018 sal plaasvind.  Die o/16’s het by Uplands Kollege gespeel en het hulle eerste wedstryd teen Hoërskool Oosterland met 1-2 verloor. Hulle het egter hul wedstryd teen Hoërskool Genl Hertzog met 1-0 gewen.  Hulle eindig 4de in hul poel.  Die eerstespan het by Hoërskool Nelspruit gespeel en hulle eerste wedstryd teen Hoërskool Oosterland met 0-5 verloor en hulle tweede wedstryd teen Hoërskool Genl Hertzog met 1-0 gewen. Die eerstes eindig sodoende 3de in hul poel.

Foto bo en onder: Dylan Roodt o/14

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article