Hoërskool Langenhoven se netbalprogram het gedurende die wintervakansie weer sy staal gewys. Spelers en afrigters het op provinsiale én nasionale vlak uitmuntende prestasies behaal wat die skool met trots laat glans.
- Lize Retief: Wes-Kaap O/15 Willows-span, 5de plek by SA Netbaltoernooi.
- Erin Hardnick: Wes-Kaap O/16 Oaks-span, 11de plek by die nasionale kampioenskappe.
- Granwunesia Johnson, Carla Botha & Jo-Ann Jacobs: O/17 Eden-span, bronsmedalje (3de plek).
- Helena van Schalkwyk & Deney Jantjies: Interdistrik Eden-span-erkenning – totaal van 16 Eden-spelers in 2026.
Afrigters se suksesse
- Carlyne Hendricks: Wes-Kaap O/17 Willows-span, 6de plek by SA Kampioenskappe.
- Marné van Tonder: Wes-Kaap O/14 Willows-span, 5de plek in SA.
- Petrusa Marais: SASN B-gradering as skeidsregter verwerf.


Hierdie prestasies bevestig die hoë standaard van netbal by Hoërskool Langenhoven en die passie waarmee spelers, afrigters en beamptes die sport uitleef. Baie geluk aan elkeen – julle maak Riversdal trots!







You must be logged in to post a comment.