Mienke Fourie Wêreldkampioen by World Dance Masters 2026
Telkens in die Top 10 geplaas

Mienke Fourie Wêreldkampioen by World Dance Masters 2026


Dit is met enorme trots dat Hoërskool Strand die spoguitslae van Mienke Fourie, wêreldkampioen, by die World Dance Masters 2026 met hul Arend-gemeenskap deel.

Mienke Fourie het Suid-Afrika én Hoërskool Strand met groot glans verteenwoordig en ’n indrukwekkende versameling trofeë huis toe gebring. Haar talent, harde werk en passie het haar op die internasionale verhoog laat uitblink. Mienke het die volgende uitsonderlike plekke behaal het:

  • Eerste plekke (Wêreldkampioen): Acro-solo, Acro-duet, Kontemporêre duet
  • Tweede plek: Lyrical-duet
  • Derde plek: Jazz-duet
  • Vierde plekke: Musical Theatre-solo, Musical Theatre-formasie

Daarby het sy nóg drie items gedoen waarin sy telkens in die Top 10 geplaas is. Dit is ’n bewys van haar konstante uitnemendheid!

“Success isn’t given, it’s earned on the stage through hours of dedication.”

“Mienke, jou toewyding en passie inspireer ons almal. Hierdie prestasie is ’n mylpaal wat jou naam vir altyd in die geskiedenis van ons skool en gemeenskap sal laat skitter. Jou Arendfamilie is ongelooflik trots op jou!”

https://hsstrand.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article