Noord-Wes – Potchefstroom Gimnasium bevestig met trots dat hul Gimmie‑swemmers tydens die Noordwes‑kortbadkampioenskappe van 9–11 Oktober 2026 uitmuntende prestasies gelewer het.

Die hoogtepunt van die kampioenskap was Irma Kotze, wat met 8 eerste plekke en 6 kampioenskapsrekords haar naam in die geskiedenisboeke vasgelê het.

Provinsiale rekords:

  • 100 m Vlinderslag – 1:07.01 (vorige rekord: 1:07.35)
  • 200m Vryslag – 2:12.79 (vorige rekord: 2:14.43)

Verskeie ander Gimmies het ook hul merk gemaak:

  • Egbert Palmer – 5 eerste, 4 tweede en 1 derde plek (10 podiumplekke in totaal).
  • Ansuné van Vuuren – 1 eerste, 3 tweede en 4 derde plekke (8 podiumplekke).
  • Keegan Tredoux – 1 eerste, 3 tweede en 2 derde plekke (6 podiumplekke).
  • Inneke Liebenberg – 2 eerste en 3 tweede plekke.
  • René Kotze – 1 eerste, 2 tweede en 1 derde plek.
  • Henri Jonker – 1 tweede en 3 derde plekke.
  • Nicoline du Preez, Andrew Klopper, Mienke Rutherford, Minke Bester en Christiaan Nel het almal met podiumplekke bygedra tot die span se sukses.
Gimmie‑swemmers skitter by NW Kortbadkampioenskappe

Hierdie prestasies bevestig die toewyding, talent en trots waarmee Gimmie‑swemmers die skool se naam uitdra.

https://gimmies.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article