Pretoria – Hoërskool Montana, Pretoria, vier met trots die uitstaande prestasies van Amika van Graan, Amoré Maritz, Danika Roos en Danel van Tonder tydens die verskillende TPL‑netbaltoernooie van die jaar.
Hierdie talentvolle spelers het met harde werk, toewyding en deursettingsvermoë hul plek op die netbalbaan bevestig. Elkeen van hierdie meisies het die Montana‑naam met trots verteenwoordig. Hulle passie vir die sport en hul vermoë om telkens nuwe hoogtes te bereik, het uitgestaan. Dit dien ook as inspirasie vir spanmaats en die hele skoolgemeenskap.
Die skool wens hulle geluk met hierdie merkwaardige prestasies en sien uit na nog vele oomblikke van groei en oorwinning op die netbalbaan.
Foto verskaf






