Grey Kollege Primêr se Boereorkes bring vreugde by Aliquando
Grey Kollege Primêr Boereorkes

Grey Kollege Primêr se Boereorkes bring vreugde by Aliquando


Bloemfontein – Grey Kollege Primêr se Boereorkes het onlangs ’n onvergeetlike optrede by Aliquando Aftreeoord gelewer. Die vrolike musiek het die inwoners se harte verlig en die saal gevul met energie en lewenslus.

Die gehoor het die Boereorkes se optrede met groot entoesiasme ontvang – kort-kort het “BALKE!” uit die gehoor opgeklink, terwyl voete ritmies saamgetik het en menige glimlag gestraal het. Die klanke het ’n ware danslus ontketen en die atmosfeer was een van pure vreugde!

Grey Kollege Primêr is trots op sy Boereorkes wat met talent, toewyding en liefde vir musiek ’n besondere bydrae tot die gemeenskap maak. Hierdie optrede het nie net vermaak gebring nie, maar ook ’n gevoel van saamhorigheid en dankbaarheid.

“Baie geluk aan ons Boereorkes – julle het Bloemfontein se naam met trots gedra!“

https://greycollegeprimary.com/

Video verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article