Atlete na Europa. Hoërskool Zwartkop atlete het tydens die winterskoolvakansie na Europa vertrek. Hulle het gaan deelneem aan die Championnats d’Île-de-France Cadets-Juniors. Hierdie internasionale kampioenskappe is in Montgeron, Frankryk, aangebied.
Die span het puik presteer:
- Xian Gouws behaal goud in diskus.
- Stefan Otto het silwer gewen in die 110m hekkies.
- Lara van der Poll behaal brons in die 100m hekkies.
Hierdie uitsonderlike vertoning toon dat Hoërskool Zwartkop se atlete nie net plaaslik kompeterend is nie, maar ook met die beste jong atlete van Europa kon meeding. Die prestasies dra by tot ‘n trotse nalatenskap van sportuitnemendheid en inspireer toekomstige generasies.
“Baie geluk aan die Zwarries – julle het die Europese verhoog met trots verteenwoordig!“






