Hoërskool Hoopstad is trots op die uitmuntende prestasies van die skuts tydens die Suid-Afrikaanse Prysskietskampioenskappe.
Henning Wagenaar
- Algehele wenner: Sporter o.16 Individueel 10m staan – 1ste plek (Goud)
- Individueel 2x 3P + 10m – 2de plek (Silwer)
- Wenspan Sportklas o.16: Deel van Vrystaatspan – 1ste plek (Goud)
- Algehele wen Provinsie Sporterklas: Beste o.16 & o.21 span – 1ste plek (Goud)
- SANSSU Kleure: Sportklas o.16 – Brons Kleure (1461/1600 punte)
Verdere prestasies van Hoërskool Hoopstad skuts
- MG Potgieter – 43ste plek in SA
- Aneska Wessels – 47ste plek in SA
- Jessica Botha – 61ste plek in SA
Hierdie uitsonderlike resultate bevestig Hoopstad se reputasie as ’n krag in die skietsport.
Foto verskaf






