Duineveld-skuts skitter by POSLIGA Nasionale Skietkompetisie
POSLIGA Nasionale Skietkompetisie

Duineveld-skuts skitter by POSLIGA Nasionale Skietkompetisie


Upington – Hoërskool Duineveld het trots ervaar tydens die POSLIGA Nasionale Skietkompetisie, aangebied deur WP-skoleskiet. Skole en klubs landwyd het deelgeneem, met skuts wat hul rondtes in tuisdorpe afgelê het en teikens na WP gestuur het vir amptelike beoordeling.

Uitblinkers in Individuele Afdelings

  • Pistoolklas: Dine Joubert – 2de plek algeheel (O.21).
  • Sporterklas: Lorika Stewart – 2de plek algeheel (O.14).
  • Veerklas: Zanru Broodryk – 2de plek algeheel (O.21).
  • Veerklas: Daniël Davis – 1ste plek algeheel (O.14).
  • Sportskiet: Dine Joubert – 2de plek algeheel.

Spanprestasie

  • Veerklas O.21: Duineveld-span (Zanru Broodryk, Daniël Davis, Lourens Niemand) – 1ste plek op nasionale vlak.
  • Sporterklas O.21: Duineveld-span (Christopher Aggenbacht, Telani Botha, AJ Louw, Janik Schreuder) – 3de plek nasionaal.

Hierdie uitsonderlike prestasies bevestig Duineveld se reputasie as ’n krag in skietsport. Die skool spreek sy waardering uit teenoor elke skut wat met toewyding en vaardigheid die vlag hoog gehou het.

https://duineveld.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article