Hoërskool Kemptonpark vier met trots die merkwaardige prestasie van Keanu Maartens (Gr. 11), wat onlangs sy eerste solo-vlug suksesvol voltooi het. Met hierdie mylpaal het hy sy eerste vlieënierstreep verwerf – ’n simbool van toewyding, vaardigheid en drome wat vlerke kry.
Die Kempies-gemeenskap is uiters trots op jou, Keanu, en wens jou alle voorspoed toe met jou verdere vliegopleiding. Mag hierdie prestasie die eerste van vele hoogtepunte in jou lugvaartreise wees.






