Benoni, Gauteng – Hoërskool Brandwag vier met groot trots die merkwaardige prestasie van Kylie Dorfling. Sy is tydens die EPA se jaarlikse prysuitdeling aangewys is as “Cross Country Youth Girl Athlete of the Year.”
Hierdie gesogte erkenning is die hoogtepunt van jare se toewyding, deursettingsvermoë en ‘n passie vir veldloop. Kylie se indrukwekkende prestasies op die baan en haar onwrikbare werks-etiek het haar onderskei as een van die uitstaande jong atlete in die sport.
Deur haar vasberadenheid en volgehoue strewe na uitnemendheid het Kylie nie net haar eie potensiaal verwesenlik nie. Sy het ook die naam van Hoërskool Brandwag met trots verteenwoordig. Haar prestasie dien as inspirasie vir mede-atlete en bewys wat moontlik is wanneer talent en harde werk hand aan hand loop.
Die Brandwag-gemeenskap is besonder trots op Kylie se prestasie en vier hierdie welverdiende eer saam met haar. Sy bly ‘n uitstekende ambassadeur vir die skool en ‘n voorbeeld van die waardes waarna Brandwag streef.
“Baie geluk, Kylie. Mag hierdie besondere mylpaal net die begin wees van nog groter suksesse op jou atletiekreis.”
Foto verskaf






