Paarl, Wes-Kaap – Hoërskool Gimnasium Paarl kondig met trots aan dat Anya Swanepoel, vanjaar se o.19A-dogtershokkiekaptein, ingesluit is in die Suid-Afrikaanse o.18-vrouerugbyspan.

Anya het die afgelope drie jaar ’n sleutelrol in die dogters se eerste hokkiespan vertolk. Haar leierskap en toewyding het haar as kaptein ook laat uitblink. Nou brei sy haar sportloopbaan uit na die rugbyveld. Sy gaan Suid-Afrika op 4 en 9 Desember in twee toetswedstryde teen Nederland sal verteenwoordig.

Hierdie prestasie beklemtoon dat ware talent nie beperk is tot een veld nie – dit skitter oral waar harde werk en passie saamkom.

“Ons is ongelooflik trots op jou, Anya, en wens jou alle sterkte toe vir hierdie nuwe hoofstuk. Jy is ’n inspirasie vir elke jong sporter,” Hoërskool Gimnasium Paarl.

https://www.paarlgim.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article