Hoërskool Duineveld, Upington, beskou dit as ’n besondere eer dat Carla Kuhn, kaptein van ons 1ste netbalspan, nasionale erkenning ontvang het. Sy is onlangs deur Vhafuwi Netball News/Entertainment uitgelig vir haar uitmuntende vertonings tydens die Telkom-toernooi.
Die berig “Captain who leads by example” weerspieël Carla se leierskap, karakter en onwrikbare toewyding op die baan. Sy is ’n ware rolmodel van wat dit beteken om met trots, dissipline en passie te speel.
Hoërskool Duineveld spreek ’n hartlike dankwoord aan Vhafuwi Netball News/Entertainment vir hul ondersteuning en vir die waardevolle erkenning wat aan skolenetbal gegee word.
Baie geluk, Carla! Hoërskool Duineveld is ongelooflik trots op jou. Hou aan om die pad te wys deur jou voorbeeld en dra die Duineveld-naam met trots en waardigheid!






