Hoërskool Duineveld, Upington, stuur met trots twee van sy Hoërskool Duineveld netbalsterre na die Telkom Netball Championships in Boksburg.
Carla Kuhn en Mathilda Terblanche verteenwoordig die Noord‑Kaap Robyne van 6 tot 10 Julie, waar die land se beste o.18‑ en o.19‑spelers mekaar die stryd aansê.
’n Besonderse gelukwensing aan Carla, wat as onderkaptein van die span aangewys is. Dit is ’n welverdiende eer wat haar leierskap en talent beklemtoon.
Geniet elke oomblik, meisies, speel met passie en trots, en hou die Duineveld‑ en Noord‑Kaap‑vlag hoog. Die hele Duineveld‑gemeenskap staan vierkantig agter julle en is ongelooflik trots op hierdie prestasie!






