Duineveld hokkiespelers skitter nasionaal
Esmé en Zandri, Noord-Kaap o.16A-hokkiespan, Henco en Luan lede van die Noord-Kaap o.18A-hokkiespan

Duineveld hokkiespelers skitter nasionaal

Duineveld hokkiespelers skitter nasionaal
Esmé en Zandri, Noord-Kaap o.16A-hokkiespan, Henco en Luan lede van die Noord-Kaap o.18A-hokkiespan

Duineveld-hokkiespelers skitter nasionaal. Hoërskool Duineveld, Upington, is trots op hul hokkiespelers wat die skool se naam met glans op nasionale vlak uitgedra het.

Esmé van Rooyen en Zandri van den Berg was deel van die Noord-Kaap o.16A-hokkiespan wat aan die Nasionale Hokkietoernooi deelgeneem het.

Henco Dege en Luan Olivier het as lede van die Noord-Kaap o.18A-hokkiespan in Pietermaritzburg aan die Nasionale Hokkietoernooi deelgeneem waar hulle Duineveld met trots verteenwoordig het.

“Julle toewyding, harde werk en sportmangees is ’n inspirasie vir Hoërskool Duineveld. Baie geluk met hierdie besondere prestasie – ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!”

Duineveld – waar uitnemendheid natuurlik is.

https://duineveld.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article