Hoërskool Linden, Randburg, is baie trots op hul tennishelde, Diwan Serfontein en Cooper van Vuuren. Die twee tennissterre is gekies om Gauteng te verteenwoordig ná hul puik deelname aan die Gauteng-proewe op 16 en 17 Mei.
- Diwan Serfontein is opgeneem in die Gauteng o.15 A-span.
- Cooper van Vuuren is opgeneem in die Gauteng o.15 B-span.
Hierdie merkwaardige prestasie van Linden se tennishelde getuig van hierdie twee manne se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. “Julle het Hoërskool Linden met trots verteenwoordig, en ons wens julle alle sterkte en sukses toe vir die uitdagings wat voorlê.”
Baie geluk, Diwan en Cooper – Hoërskool Linden is trots op julle!






