Hoërskool Linden, Randburg, is trots om die uitstaande prestasies van twee van sy tennisspelers, Marga Holtshausen en Jane Serfontein, tydens die Gauteng-tennisproewe te vier.
Marga is met groot lof opgeneem in die Gauteng o.19A-span – ’n prestasie wat haar talent, harde werk en toewyding aan die sport beklemtoon.
Jane het vir die top 8 gekwalifiseer en is opgeneem in die Gauteng o.19B-span. Alhoewel sy weens ’n besering nie verder kon deelneem nie, bly haar deursettingsvermoë en prestasie bewonderenswaardig.
Die skool is ongelooflik trots op hul vasberadenheid en die wyse waarop hulle die Linden-gees verteenwoordig. Julle is ware ambassadeurs van Hoërskool Linden.
Baie geluk met hierdie merkwaardige prestasies – Linden wens julle alle sukses toe vir die pad vorentoe!






