Hoërskool Duineveld – Velties se Tweekamp Liga 1
Hoërskool Duineveld – Velties se Tweekamp Liga 1

Hoërskool Duineveld – Velties se Tweekamp Liga 1


Upington – Die eerste Tweekamp-liga van die nuwe seisoen het op 16 Oktober afgeskop, en die Velties het met puik prestasies hul merk gemaak. Hoërskool Duineveld se atlete het met trots en deursettingsvermoë die rooi, wit en blou verteenwoordig.

Uitslae

  • Frans Jacob du Plessis – 1ste plek: o.19 Seuns
  • Rikhardt Kruger – 1ste plek: o.17 Seuns
  • Dine Joubert – 1ste plek: Spesiale Behoeftes Meisies
  • Pieter-Kunje van der Linde – 2de plek: o.17 Seuns
  • Sacha Willemse – 2de plek: o.19 Seuns
  • Mia Mans – 3de plek: o.17 Meisies

Hoërskool Duineveld is trots op elke deelnemer wat die Veltie-kleure met trots gedra het. Mag die harde werk, spangees en deursettingsvermoë deur die seisoen voortduur!

https://duineveld.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article