Hoërskool Bellville is trots om Roxy Liebenberg (Graad 9) te geluk te wens met haar uitmuntende prestasie by die Western Province Artistieke Gimnastiekkampioenskappe wat onlangs in Saldanha plaasgevind het.
Roxy het in die Vlak 5 (14 jaar en ouer)-kategorie die volgende indrukwekkende resultate behaal:
- 1ste plek – Sprong (Vault)
- 1ste plek – Brug (Bars)
- 2de plek – Algeheel
Met hierdie puik vertoning het sy ook gekwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskappe, wat gedurende die September-vakansie in Centurion plaasvind.
Baie geluk, Roxy – jou talent en toewyding is ’n inspirasie vir ons hele skoolgemeenskap!
Foto verskaf






