Con Spirito Forte. Hoërskool Garsfontein se redenaars het onlangs hul merk gemaak by die Con Spirito Forte Public Speaking-kompetisie.

Verskeie leerders het uitblinkprestasies behaal in hul onderskeie kategorieë:

  • Phillipa Balt behaal ‘n A+++-simbool en is aangewys as die itemwenner in Individuele Redenaars (Eie Keuse).
  • Zaelé Heidenreich behaal ‘n uitstekende A+++-simbool in Individuele Onvoorbereide Redenaars.
  • Ethan Vounatsos behaal ‘n A+++-simbool in Individuele Voorbereide Redenaars (Eie Keuse).
  • Olivia Barnard verwerf ‘n indrukwekkende A++-simbool in Individuele Voorbereide Redenaars (Eie Keuse).
  • Romanda Coode het met ’n A+++ uitgestyg en is as Itemwenner in Individuele Voorbereide Redenaars (Eie Keuse) bekroon.
Con Spirito Forte - Garsies vier redenaarsukses

Con Spirito Forte Itemwenners

Die skool spreek besondere trots uit oor Phillipa Balt en Romanda Coode. Hulle is as Itemwenners aangewys in die Individual Prepared Own Choice-afdeling.

Con Spirito Forte - Garsies vier redenaarsukses

Interskole Landsfinaliste

Zoe Engelbrecht, Owen van Staden en Olivia Barnard is gekies om Hoërskool Garsfontein by die Interskole Landsfinaal te verteenwoordig. Dit sal op 19 September plaasvind. – Dit is ’n prestasie wat hul toewyding en redenaarsvernuf beklemtoon.

Con Spirito Forte - Garsies vier redenaarsukses

Hierdie uitsonderlike resultate bevestig die skool se verbintenis tot uitnemendheid en die ontwikkeling van jong sprekers wat met selfvertroue hul stemme laat hoor.

https://www.garsies.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article