Proverto Rekeningkunde-olimpiade. Vroeër vanjaar het Graad 10- en 11-leerders van Hoërskool Oos-Moot puik presteer in die Proverto-rekeningkunde-olimpiade. Hulle het deurgedring tot die tweede rondte. Ná hul deelname het verskeie leerders gekwalifiseer vir die finaal, waar hulle uitstekende resultate behaal het.

’n Hoogtepunt van die kompetisie was die prestasie van Juandre Erasmus. Hy het ’n volmaakte 100% in die finale rondte aangeteken. Dit is voorwaar ’n uitsonderlike akademiese mylpaal waarop Oosies met reg trots is. Die nasionale einduitslae word binnekort bekend gemaak, en Oos-Moot wag met groot afwagting om te hoor of Juandre as nasionale wenner gekroon gaan word.

Proverto Rekeningkunde-olimpiade - Oos-Moot leerders skitter
Proverto Rekeningkunde-olimpiade - Oos-Moot leerders skitter

Die Proverto-olimpiade is ’n landwye akademiese uitdaging wat jong rekenmeesters die kans bied om hul kennis en probleemoplossingsvermoë op ’n hoë vlak te meet teen eweknieë van regoor Suid-Afrika.

Baie geluk aan al die leerders wat hierdie prestasie behaal het – julle dra Oos-Moot se naam met trots.

https://www.oos-moot.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article