Proverto Rekeningkunde-olimpiade 2026. Hoërskool Oos-Moot se gr. 10- en 11-leerders in rekeningkunde het deelgeneem aan die Proverto Rekeningkunde-olimpiade 2026. Hulle het puik gevaar in die eerste rondte en is deur na die tweede rondte. Nou wag die finale rondte wat sal plaasvind op 29 Julie.
Die Proverto-olimpiade is ’n gesogte nasionale kompetisie. Jong akademici van regoor Suid-Afrika se vakkennis, kritiese denke en probleemoplossings-vaardighede word gemeet teen die beste in die land.
Om die tweede rondte te haal is ’n merkwaardige prestasie. Oosies is uiters trots op elke leerder wat hierdie mylpaal bereik het.


Leerders wat deurgedring het na die finale rondte – Foto verskaf
“Baie sterkte aan elkeen van julle vir die finale rondte!”







You must be logged in to post a comment.