Randburg skitter by CGA Steve Haupt Snr. kortbadkampioenskap
Randburg skitter by CGA Steve Haupt Snr. kortbadkampioenskap

Randburg skitter by CGA Steve Haupt Snr. kortbadkampioenskap


Hoërskool Randburg, Gauteng – Randburg se talentvolle Randjie-swemmers het van 4 tot 6 September 2026 aan die CGA Steve Haupt Senior Kortbad Swemkampioenskappe in Edenvale deelgeneem. Hierdie swemmers het uitstekende prestasies gelewer.

  • Thomas Pretorius het met sy sterk vertonings drie podiumplekke behaal. Hy het ’n tweede plek in die 200 m gemengde wisselslag-aflos en twee derde plekke in die 50 m en 200 m borsslag. Hy het ook top-5 plasings in die 100m wisselslag en 100m borsslag verwerf. Thomas het gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Senior Kortbad Kampioenskappe wat van 24–27 September in Pietermaritzburg plaasvind – ’n groot mylpaal!
  • Carli Coetzee het haar krag in die borsslag-items getoon met ’n derde plek in die 100 m. Sy het ook ’n vierde plek in die 200 m behaal. Verder het sy ook verskeie top-20-plasings in rugslag, vlinderslag en kruipslag behaal.
  • Larissa Bouwer het blink vertoon met ’n derde plek in beide die 100 m en 200 m rugslag. Sy het ook ’n vierde plek in die 50 m rugslag en ’n vyfde plek in die 50 m borsslag behaal. Sy het ook sterk top-10-plasings in kruipslag aangeteken.
  • Bokkie Maruping het sy vlinderslag-vernuf getoon met twee derde plekke in die 50 m en 200 m. Hy het ook ’n sesde plek in die 100 m vlinderslag behaal.
Randburg skitter by CGA Steve Haupt Snr. kortbadkampioenskap

Baie geluk aan Thomas, Carli, Larissa en Bokkie – julle het die Randburg-kleure met glans verteenwoordig!

https://www.hsrandburg.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article