Hoërskool Witteberg blink uit by Landloop-SA’s
Hoërskool Witteberg blink uit by Landloop-SA’s

Hoërskool Witteberg blink uit by Landloop-SA’s


Hoërskool Witteberg, Bethlehem is trots om aan te kondig dat verskeie van ons leerders op 5 September aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe deelgeneem het as deel van die Vrystaatspan.

  • Gerhard Bossert het ’n agtste plek in die 8 km-wedloop behaal. Hy het verder eerste geëindig in die 2 km-wedloop vir junior mans en ’n vierde plek algeheel verower. Gerhard was ook deel van die Vrystaatspan wat ’n silwermedalje in die 8 km-span en ’n bronsmedalje in die 2 km-span gewen het.
  • Celesté Pienaar het ’n vierde plek in die 4 km vir dogters o.16 behaal.
  • Demain van Deventer het ’n sewende plek in die dogters o.14-afdeling verwerf en saam met die Vrystaatspan ’n bronsmedalje ontvang.

Witteberg sê: Julle prestasies inspireer en maak ons trots!

https://witteberghs.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article