Bethlehem – Hoërskool Witteberg hokkie is baie trots op drie van hul talentvolle hokkiespelers. Hez-Mari Coetzee, Annabelle Bezuidenhout en Aneldi Bezuidenhout het van 9 tot 11 Oktober 2026 die Western Panthers verteenwoordig tydens die Dust Your Rust Hockey Championships in Bloemfontein.
Die Panthers het met vasberadenheid en spanwerk kragmetings teen topskole en streke gehad. Dit sluit Hoër Meisieskool Oranje en Eunice High School. Witteberg het ’n verdienstelike vierde plek in ’n hoogs mededingende toernooi behaal.
Hoërskool Witteberg is uiters trots op hierdie drie leerders wat met toewyding en passie hul skool en span verteenwoordig het.
Foto verskaf






