Hoërskool Kemptonpark – Kempies is trots op hul landloopatlete se merkwaardige deelname aan die ASA-Landloopkampioenskappe op 5 September. Teen Suid-Afrika se bestes het Kempies hul vasberadenheid en talent bewys.
Individuele prestasies
- Hayley Reynolds – 68ste (o.14-dogters, 4 km)
- Kesha-Lee Nel – 82ste (o.15-dogters, 4 km)
- Natalie Strydom – 12de (o.15-dogters, 4 km)
- Lize-Mari de Beer – 51ste (junior dogters, 6 km)
- Werno Pretorius – 20ste (junior seuns, 2 km)
Spanmedalje
Natalie Strydom het boonop ’n silwer spanmedalje verower – toegeken aan die top vier atlete van die provinsiale span wat onder die land se beste geëindig het.

Kesha-Lee Nel en Natalie Strydom

Lize-Mari de Beer en Werno Pretorius
Kempies-trots
Om teen die land se topatlete mee te ding is ’n prestasie op sy eie. Hierdie uitslae bevestig die gees van deursettingsvermoë en trots wat Hoërskool Kemptonpark se sportkultuur dra.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.