Bergsig Akademie Netbalsterre onder Top-35 beste o.18 spelers
Tieneke Gouws en Neo Silinza onder top 35 o.18’s in Suid-Afrika

Bergsig Akademie Netbalsterre onder Top-35 beste o.18 spelers


Bergsig Akademie, Rustenburg, vier met groot trots die ongelooflike prestasie van hul eerstespan‑spelers Tieneke Gouws en Neo Silinza. Hierdie twee Bergsig Akademie Netbalsterre is gekies vir die Top 35 beste o.18‑netbalspeelsters in Suid‑Afrika. Hierdie besondere prestasie getuig van hul talent, deursettingsvermoë, dissipline en die ontelbare ure se harde werk wat hulle ingesit het. Hul toewyding aan die sport het sy beloning gevind, en Bergsig Akademie kon nie trotser wees nie.

“Dankie dat julle Bergsig Akademie met soveel trots, passie en uitnemendheid verteenwoordig. Julle is ‘n inspirasie vir elke jong sportman en -vrou wat droom om eendag dieselfde hoogtes te bereik.”

Mag hierdie prestasie net die begin wees van nog vele hoogtepunte. Bergsig wens julle alle sterkte toe met die volgende fase van julle reis en sien uit na alles wat julle nog gaan bereik.

“Baie geluk – julle maak die hele Bergsig-familie ongelooflik trots!”

Baie sterkte aan Tieneke Gouws wat ook gekies is vir die Top 21 wat môreoggend, 9 Julie, proewe speel!

“Bergsig Akademie staan 100% agter jou en glo in jou. Gaan wys jou talent, geniet elke oomblik en gee jou beste. Onthou, jy dra ons trots saam met jou.”

Die hele die hele Bergsig-familie is agter jou, Tieneke!

https://www.bergsigacademy.net/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article