Telkom Netbalkampioenskappe - Bloemhofsterre lei CTNF‑spanne in Boksburg
Tachin Adams kaptein en Isela Coetzee onderkaptein by die Telkom-Netbalkampioenskappe

Telkom Netbalkampioenskappe – Bloemhofsterre lei CTNF‑spanne in Boksburg


Telkom Netbalkampioenskappe. Hoër Meisieskool Bloemhof is trots om twee van hul sterspelers aan te moedig wat hierdie week hul talente tydens die Telkom Netbalkampioenskappe in Boksburg gaan wys.

Tachin Adams is kaptein van die o.19B CTNF-span, terwyl Isela Coetzee as onderkaptein van die o.19A CTNF-span aangewys is.

Die aanwysing van Tachin en Isela toon hul natuurlike leierskap en die vertroue wat hul span in hulle het.

Bloemhof wens die twee sterre alles van die beste toe. Geniet die toernooi en dra die Bloemhof-gees uit terwyl julle nuwe vriendskapsbande vorm.

https://hmsbloemhof.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article