Bergsig Akademie: Drie tennissterre verwerf Noordwes-kleure
Noordwes 0. 15-tenniskleure verwerf

Bergsig Akademie: Drie tennissterre verwerf Noordwes-kleure


Rustenburg – Bergsig Akademie kondig met trots aan dat drie van sy talentvolle jong tennisspelers Noordwes o. 15-tenniskleure ontvang het. Mia de Wet, Kaitlyn se Beer en Reinhard Heyneke is die trotse draers van Noordwes o. 15-tenniskleure.

Hierdie toekenning is ’n merkwaardige erkenning van hul harde werk, toewyding en liefde vir die spel. Om op provinsiale vlak kleure te verwerf, is ’n prestasie wat nie net hul eie sportloopbane verryk nie. Hulle gaan ook die naam van Bergsig Akademie met trots op die tennisbaan verteenwoordig.

Deur volgehoue oefening, vasberadenheid en sportmanskap het Mia, Kaitlyn en Reinhard bewys dat sukses die resultaat is van ure se voorbereiding en deursettingsvermoë. Hul prestasie dien as inspirasie vir spanmaats en jonger spelers wat daarna streef om dieselfde hoogtes te bereik.

“Ons is ongelooflik trots op hierdie drie spelers,” sê Bergsig Akademie. “Hulle verteenwoordig nie net ons skool nie, maar ook die gees van Bergsig – ’n gees van toewyding, trots en uitnemendheid.”

Die Akademie wens Mia, Kaitlyn en Reinhard alle sukses toe op hul tennisreis en glo dat hierdie Noordwes-kleure die begin is van nog vele hoogtepunte.

https://www.bergsigacademy.net/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article