Top 35 Netbal-Oefengroep-Hoër Gimnasium Paarl se drie sterre gekies
Netbalpelers gekies vir o.18-Top 35-Oefengroep

Top 35 Netbal-Oefengroep-Hoër Gimnasium Paarl se drie sterre gekies


Top 35 Netbal-Oefengroep. Hoër Gimnasium Paarl is baie trots op drie van hul o.18 netbalsterre. Anja Smit, Eloné Dippenaar en Nicola van Heerden is gekies vir die SA o.18 Top 35 Netbal-oefengroep.

Hierdie prestasie is ’n groot erkenning vir hul harde werk, toewyding en passie vir die sport. Die insluiting van die meisies in die nasionale oefengroep bevestig die hoë standaard van netbal by die skool. Dit dien ook as inspirasie vir jong spelers wat hul drome nastreef.

“Hoër Gimnasium Paarl wens die meisies sterkte toe met die volgende fase van hul netbalreis en glo dat hulle hul skool met trots sal verteenwoordig!”

https://www.paarlgim.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article