Hoërskool Bellville is ongelooflik trots op Ame Miller se uitstaande prestasie tydens die Con Spirito-debatkompetisie. Haar harde werk, toewyding en uitsonderlike redenaarsvernuf het puik resultate opgelewer:
- Afrikaans Onvoorbereid – 94%
- Afrikaans Voorbereid (Eie Keuse) – 93%
- Engels Tweede Taal Voorbereid (Eie Keuse) – 97%
Hierdie uitsonderlike uitslae getuig van Ame se deeglike voorbereiding, selfvertroue en vermoë om met oortuiging en insig te kommunikeer. Sy is ’n waardige ambassadeur vir Hoërskool Bellville en ’n inspirasie vir haar medeleerders.
“Baie geluk, Ame! Ons is leeutrots op jou en wens jou alle sterkte en sukses toe met alles wat nog voorlê.”
Foto verskaf






