Adelmari Barnard behaal uitnemende Prestasie in Swembad
Adelmari Barnard behaal uitnemende Prestasie in Swembad

Adelmari Barnard behaal uitnemende Prestasie in Swembad


Hoër Meisieskool La Rochelle, Paarl, is trots op Adelmari Barnard se skitterende prestasie by die Wes-Kaap kortbadswemkampioenskappe. Adelmari Barnard (gr. 11) het van 16 tot 19 Julie aan die Wes-Kaap kortbad-swemkampioenskappe deelgeneem en uitstekend presteer.

Adelmari het oor vier dae aan ses individuele items deelgeneem en vir twee finaalwedlope gekwalifiseer – ’n merkwaardige prestasie teen van die land se beste swemmers.

Die hoogtepunt was ongetwyfeld haar deelname aan die 200 m-borsslagfinaal, waar sy saam met Olimpiese kampioen Tatjana Smith geswem het. Dit was ’n onvergeetlike ervaring en ’n groot voorreg!

Adelmari, jou harde werk, deursettingsvermoë en toewyding inspireer Hoër Meisieskool La Rochelle. Baie geluk met hierdie uitstaande prestasie. “Ons wens jou alle sterkte toe vir die res van die seisoen!”

https://www.larries.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article