National Field Archery Championships - Merensky-boogskutters blink uit in VSA
Nathan Swanepoel en Henk Meyer. (Foto verskaf)

National Field Archery Championships – Merensky-boogskutters blink uit in VSA


National Field Archery Championships. Twee boogskutters van Merensky Landbou Akademie het onlangs Suid-Afrika se naam hoog gehou tydens die National Field Archery Championships. Dit is van 24 tot 26 Julie in Yankton South Dakota aangebied. Dit was ‘n uitdagende baan, wat bekend is vir sy uiteenlopende terrein en panoramiese uitsigte oor die Missouri-rivier. Dis ’n ware toets vir vaardigheid en uithouvermoë.

Henk Meyer het sy merk gelaat deur as kampioen in sy ouderdomskategorie (AMBHFU) gekroon te word. Sy prestasie vestig hom as een van die voorste jong boogskutters op internasionale vlak.

National Field Archery Championships - Merensky-boogskutters blink uit in VSA
Nathan Swanepoel en Henk Meyer. (Foto verskaf)

Nathan Swanepoel het met ’n silwermedalje huis toe gekom, nadat hy die goue medalje met slegs tien punte misgeloop het. Hy het egter die Amerikaanse nasionale veldrekord in sy ouderdomsgroep verbeter – ’n prestasie wat sy talent en toewyding onderstreep.

Die twee Plasie-sterre neem tans deel aan die World Field Archery Championships, wat van 27 Julie tot 1 Augustus plaasvind. Die verwagting is hoog dat hulle weer vir goud sal meeding.

https://www.plasies.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article