AfriSkuld Nasionale Spelkampioenskap - Nasionale kampioen vir Oos-Moot
Karin-Alet Visagie. Afriskuld Nasionale Spelkampioen

AfriSkuld Nasionale Spelkampioenskap – Nasionale kampioen vir Oos-Moot


Hoërskool Oos-Moot se Spelbye het op 21 en 22 September aan die AfriSkuld Nasionale Spelkampioenskap deelgeneem wat by die Atterbury Teater aangebied is. Ná ’n streng speltoets is sewe leerders gekies wat onder die Top 120 landswye deelnemers geëindig het.

Juniors en Seniors

  • Karin-Alet Visagie
  • Lana du Plessis
  • Anzel Ehlers
  • Zené Jones
  • Elize Adams
  • Genevieve Liebenberg
  • Anika Liddle
AfriSkuld Nasionale Spelkampioenskap - Nasionale kampioen vir Oos-Moot
Deelnemers aan die AfriSkuld Nasionale Spelkompetisie

Nasionale prestasie

Na verskeie rondtes is die Top 7 junior- en seniorfinaliste aangewys. Karin-Alet Visagie (Graad 9) het as juniorfinalis uitgestaan. Sy is uiteindelik as AfriSkuld Nasionale Spelkampioen gekroon. In die eindstryd teen die senior kampioen het sy haar vaardigheid bevestig en die titel van Nasionale Spelkampioen verower.

Die skoolgemeenskap spreek hul trots uit oor hierdie merkwaardige prestasie. Karin-Alet se oorwinning bevestig haar as ’n ware O-R-T-O-G-R-A-A-F, en die Oosies vier haar sukses met groot geesdrif.

https://www.oos-moot.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article