Die wag is verby! Vanaf vandag, 25 tot 28 September 2026, bied Hoërskool Punt met trots ’n opwindende krieketfees aan. Dit beloof om die Tuinroete se sportkalender te verryk.
Met deelname van 30 skole en wedstryde wat oor 15 velde plaasvind, wag daar vier dae propvol skoolkrieket van die hoogste gehalte. Talentvolle jong spelers, toegewyde afrigters, ondersteunende ouers en krieketliefhebbers uit die hele land word hartlik verwelkom om deel te wees van hierdie sportviering.




Die fees beloof nie net uitstekende krieketaksie nie, maar ook ’n geleentheid om gemeenskapsgees en sportmanskap te vier. Die skool nooi die publiek om die jong krieketspelers te kom ondersteun en saam die passie vir skoolseunskrieket te beleef.
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto voorsien







You must be logged in to post a comment.